Trojaanse perd (rekenaars)

Skermbeeld van die Bones trojaanse perd in MS-DOS.

'n Trojaanse perd verwys na 'n funksie in die rekenaarwêreld wat versteek is in 'n program wat deur die gebruiker geïnstalleer is. Hierdie funksie kan toegang tot die besmette rekenaar aan kwaadwillige partye bied en sodoende rekenaardata of die privaatheid van die gebruiker benadeel. Dit is vernoem na die Trojaanse perd waarin Griekse soldate die stad Troje binnegaan om die poorte van die stad van binne oop te maak.[1][2][3][4][5]

'n Trojaanse perd is dus nie 'n program wat die besmette rekenaar, soos 'n rekenaarvirus, onafhanklik beskadig nie. Daarbenewens moet 'n Trojaanse perd deur die gebruiker gekopieër word en kan nie homself na ander rekenaars kopieer soos 'n rekenaarwurm nie.

Trojaanse perde word gereeld as 'n e-posaanhangsel gestuur, of as 'n liefdesbrief of pornografiese materiaal verbloem, maar dit kan ook via gesprekprogramme versprei word of weggesteek word in programme wat afgelaai word vanaf 'n webwerf of 'n P2P-program.

  1. Landwehr, Carl E. (1993). "A taxonomy of computer program security flaws, with examples"., DTIC Document. Besoek op 2012-04-05.  Geargiveer 8 April 2013 op Wayback Machine
  2. "Trojan Horse Definition" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 5 April 2012.
  3. "Trojan horse". Webopedia (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2020. Besoek op 5 April 2012.
  4. "What is Trojan horse? – Definition from Whatis.com" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Junie 2020. Besoek op 5 April 2012.
  5. "Trojan Horse: [coined By MIT-hacker-turned-NSA-spook Dan Edwards] N." (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 5 April 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search